Immanuel Hope Centre

Immanuel Hope CentreIn de Rustenburg Herald stond vorige week een artikel over het IHC dat we graag met jullie willen delen..

KOSTER – Daar is op Mandeladag komberse uitgedeel aan 16 kinders van die Immanuel Hope centre wat dit bitter nodig het.
Die kinder wat Maandag, 21 Julie terug is by die skool sal ook handskoene ontvang. Baie dankie aan “Crescent of Hope” wat die komberse en handskoene geskenk het. Die Immanuel Hope Centre in Reagile, Koster is ’n kleuterskool wat 131 kinders tussen die ouderdom van 0-6 jaar versorg. Dit is opgerig door ’n Nederlandse Sendingsorganisasie, wat steeds betrokke is en hulp verleen. Hulle fooie is R130 per maand wat deur slegs ’n paar ouers bekostig kan word. Heelwat van die kinders is van die “armste van die armes”. Hulle voorsien ontbyt, middagete en ’n laatmiddagbroodjie aan die kinders. Daar is 6 juffrouens, 2 “caregivers”, 2 skoonmakers en ’n kok in diens. Hulle benodig die volgende: Legkaarte, baba opvoedkundige speelgoed, Skêre, gom, papier, opvoedkundige plakkate, Balle, hoelahoeps, sandspeelgoed, Skopfietsies, 3-wiele en fietsies (met kantwielietjies), Rakke om skoolsakke in te sit. As jy met enige hiervan kan help, kontak vir Linda Grobler of Louisa.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

en_GBEnglish